Sampada Agri – 2 000m3 stoor kapasiteit vir besproeiing sisteem

Screenshot 2021-01-25 at 15.53.09

Sampada Agri – 2 000m3 stoor kapasiteit vir besproeiing sisteem

Hierdie was een van ons groter en meer uitdagende projekte. Die kliënt, Sampada Agri, het ‘n totaal van 2 000m3 stoor kapasiteit benodig om hulle besproeiing sisteem met water te kan verskaf. Hierdie sisteem sal water verskaf aan 19ha se aarbeie wat onder tonnels geplant is. Water sal aan hierdie tonnels gelewer word deur middel van driplyne vir die aarbeie self en mis sproeiers om die temperatuur binne die tonnels te reguleer. Omdat die water deur middel van driplyne besproei gaan word, het die kliënt besluit dat die damme toe gemaak moet word met ‘n staal koepel dak om die moontlikheid van alge groei te elimineer. Deur die grootte van die koepel dak in ag te neem was daar besluit dat die beste opsie vier 13.7m x 3.1m damme sal wees wat aan mekaar gekoppel is om die watervlakke gelyk te hou en by die verlangde kapasiteit uit te kom. 

Nog ‘n faktor wat bygedra het tot hierdie besluit is instandhouding. Die vier damme wat aanmekaar gekoppel is maak dit maklik om een af te sluit van die ander indien daar instandhouding gedoen moet word. Tydens die instandhoudingsproses kan die ander drie damme steeds gebruik word om soveel as moontlik water beskikbaar te hê. Dit was dus nodig vir haar fyn beplanning en noukeurige aandag aan al die komponente omdat die damme almal waterpas met mekaar moes wees en die afstand tussen die damme presies dieselfde. 

Nadat ‘n perseel inspeksie plaasgevind het, was ons span reg om hierdie uitdaging aan te pak. Die span het die projek begin op 10 Desember 2020 en hulle het alle verwagtinge oortref deur ‘n kwaliteit produk te lewer wat baie netjies afgerond is. Die wind, buitensporige hoeveelhede reën, bedompigheid en hitte kon ons span nie onder kry nie en die vier damme is voor skedule opgerig, en is klaargemaak op die 13de Januarie 2021. Die kliënt het dus genoeg tyd gehad om die damme met water te vul sodat daar op die 15de Februarie 2021 besproei kan word.

Baie dankie aan ons kliënt, Sampada Agri, vir die geleentheid, en ook aan ons span vir hul harde en uitstekende werk.

DEEL HIERDIE ARTIKEL

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest
Reddit
WhatsApp
Email
Print

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ENIGE VRAE? SKAKEL ONS OP  +27 (0)82 210 0999